So besluit ek om laatnag te skryf. My storie uit te kry en heel waarskynlik beter te voel. My gedagtes hardloop al weer mal…… Die laaste paar dae was rof, dis n mal gejaag na wie weet wat……..

Soos die gesegde gaan die gewillige donkies word net swaarder gepak. Nou ek kan relate tot dit. Ons is 4 mense kort in ons afdeling…. So vir die afgelope 6 maande doen ek twee mense se werk. Toe besluit die klaskaptein om kragte te meet tussen sy been en n klip op n veldfiets. Raai wat daar was net EEN wenner! So doen hulle operasies om die nagevolge van Newton se wette te herstel. Nou kan klaskaptein nie sy daaglikse taake verrig nie en word diè pak donkie maar net nog n ou vraggie gegee. Ek is mos soos n Hi Ace taxi, altyd plek vir nog een…… Nou vra kollegas hoekom gesels ek nie meer nie? Storm in, swets, moer my laptop n paar keer, maak n paar oproepe, swets verder want dit voel asof ek die enigste een nog oor is in die maatskappy met gesonde verstand. En dan storm ek weer uit. Min of meer soos daai Tazmanian devil karakter in die strokies prente. Só doen ek nou offisieel 3 mense se werk….. En tussen in, dink ek nog vir die ander suurstof diewe in die kantoor. Dit voel regtig vir my asof ek heeldag kinders oppas…. let wel tussen die ouderdom van 40-60 jaar in ouderdom. Mense oud genoeg om my ouers te wees, maar ou staatmaker sort maar die kak uit. Almal is wel bewus daarvan en bestuur skroom nie eers meer om n moeilike situasie my kant toe te stuur nie. Want soos gewoonlik sal dit uitsorteer word…….

Vanoggend loop ek in met net so n dwarrel wind om my en nie heeltemal n orkaan nie. Dadelik word ek opgekommandeer na die skoolhoof (bestuurder) se kantoor vir n nood vergadering…. Net om ingelig te word dat een van my liewe suurstof dief maatjies al 4 dae sukkel om n masjien reg te maak en nogsteeds nie verder is as toe hy in sy bewusteloosheid daar aangekom het nie. Ek pak toe maar my goedjies soos in die storie “boetie gaan border toe” en fort is ek en myself om diè nuwe dilemma uit te sorteer. Na 5 min vind ek uit dat die dom donner nie kan lees nie en eintelik net plain weg stupid is. Dit neem my 4 ure om ongeletterde Okkie se chaos in toom te kry siende dat hy nie kan lees nie.

Nou vra ek myself…… Is ek net te ongeduldig of is ek omring deur patetiese mense wat nie eers moet toegelaat word om voort te plant nie?

Genoeg…………

So sit ek al n paar dae en wonder wanneer ek genoeg sal wees…..

Die siklus herhaal homself al vir n geruime tyd. Ek leef konstant in ander se skadus, hulle donker auras laat my boet vir dinge wat ek nie eens in my geestesoog aan gedink het om te doen nie.

Het die gryskopman dan n donker wolk oor my gelaat? Het ek soveel leed aangedoen in my vorige lewe dat ek al die moet deurmaak om te betaal vir hartseer en lyding wat ek voorheen gesaai het? So is ek van toeka af vertel en ercaar dat ek nie genoeg is nie. Die dag toe my pappa oorlede is was ek nie genoeg nie, kon nie sy lewe red nie, toe ons alles verloor het was ek nie genoeg nie want ek kon dit nie keer nie, my higjschool sweetheart se ouers het my reguit vertel ek is nie genoeg nie omdat ek nie universiteit toe is nie en eerder n ambag gaan loop het en kwansuis nie vir haar sou kon sorg nie!!! So loop die siklus homself deur, elke keer……. En elke keer is ek nie goed genoeg nie. Ek maak net eenvoudig nie die graad nie…… Nou vra ek myself waar gaan ek verkeerd? Is ek regtig so pateties soos die mense wat ek nie kan verdra nie? Is ek n teemerige klein teef wat net jammer voel vir myself?

Toe ontmoet ek haar en finaal dink ek dat ek genoeg sal wees. Sy motiveer my en leer my lesse. Sy laat my goed voel en werk hard aan my selfvertroue. Sy plak pleisters op jare se wonde wat keer op keer oopgekrap word. Sal ek ooit genoeg wees vir haar? Sal sy my kan aanvaar vir wat ek bereik het? Sal sy ook begin om te voel dat ek nie die een is nie as gevolg van tekortkominge?

Hoe die donner sal ek ooit wen? Ek bly net teleurstel en voeter alles op

My Biker Chick

In my sewentien jaar in die grootmens wereld het ek baie ondervinding opgedoen in terme van verhoudings en hoe alles in mekaar steek.
Gedurende matriek het ek my highschool sweetheart ontmoet en met haaar uitgegaan vir 3 jaar. In jaar nommer drie het ek een dag deur die nag gewerk en die volgende dag by die huis gekom. Daar was n rooi Volkswagen karretjie in my oprit wat ek aangeneem het een van V se vriendinne is. Doodmoeg loop ek in by die agterdeur en vind van haar klere op die grond. Ek maak saggies die pad deur my huis oppad slaapkamer toe aangesien ek hulle nie wil steur met wat hulle besig is nie. Ek stap op teen die trappe en vind haar onderklere op die trappe…….. Die kamer deur staan half oop en ek stap stadig nader. Ek loer deur die opening en vind V kaal in die bed saam met my beste vriend. Die een wat ek al hoeveel keer uit verknorsing gehelp het. Ek maak stadig die deur oop gooi R10 op die bed neer en se vir M dat hy haar net asseblief moet betaal na hy klaar is en haar sommer by haar huis kan aflaai, aangesien mens dit met hoere doen. Hy probeer my toe oorreed dat dit glad nie is soos wat dit lyk nie…….. Vok pel!!! hoe is dit dan nou, die laaste keer wat ek gekyk het noem ons dit spyker as twee mense kaal in n bed is en n gebruikte kondoom le op MY bedkassie met JOU DNA monster in. Nietemin so neem ek afskeid van haar en my geliefde plattelandse dorpie toe M een aand besluit om kragte te meet met my. Dit was n lang dag en al wat ek wou doen is drink, dit was my default mode as die lewe my onderkry. Ongelukkig het ons eie wanna-be Rambo dit nie geweet toe hy breebors in die jol instap en my begin kak skiet sommer so met die intrapslag nie. Nou verstaan een ding mooi……ek haat baklei, maar jy spyker nie my girl en dan kom jy nog rammetjie uitnek raak in n jol waar EK kuier nie. Dit is soos my huis, my toevlug wanneer die mure invou en die lewe my wil insluk. Rambo verander toe in Superman na hy met n sleg gevaalde vliegles sy kop tussen die tralies van die sekuriteitsdeur bevind. Volgens “mense” was dit glo nie die regte manier om iemand gemoeds leidings opvoeding te gee nie.
Twee jaar na my aankoms in Jozi vertel J vir my van N. Sy is ingels en glo al n rukkie single. Sy was n goeie mens maar ongelukkig het ek op daardie punt nog te veel van die wrok van V saam met my gedra. So kry ons dit reg om 8 jaar saam te wees en goeie tye saam te deel. maar dit is nie vir my nie en ek probeer myself daagliks oorreed dat dit sal beter word. So maak ek n besluit om N te los aangesien ek nie meer so kan aangaan met die leuns vir myself nie.
Toe kom E in my lewe en ek dink sy is die beste ding van gesnyde brood, hahahaha min het ek geweet. Sy is n narsis en kan nie verdra dat ek uitblink nie. Sy het nooit regtig enige prestasies bereik nie en sodra dit lyk asof ek iets bereik, word ek vertrap en vertel hoe useless en kak ek is, so neuk die siklus vir 4 jaar aan. Deur die 4 jaar kos sy my klein plasie se geld en maak ek skuld met die hoop om haar gelukkig te hou. Haar kinders gebruik my as hulle persoonlike slaaf en ek vreet dit alles op vir soetkoek. Een aand na n laaaaaaaaang dag se werk kom ek by die huis en word vertel dat ek rondvok met haar vriend se vrou, nou kom ons kry die ook sommer uit die pad uit vir die rekord. Ek sal nie aan haar raak met n 100m telescopic boom nie. Ek was nog nooit so kwaad gewees vir myself nie. Ek probeer myself verdedig deur die feite te openbaar maar sy verander toe in n spirits meid en skreeu vir my talle kere dat ek moet vokof terwyl ek en T (my beste vriend) n geselskap het op die foon. T deel toe mee dat ek kens sal wees as ek enigsins langer daar bly. So pak ek my goedjies en sluit nog n hoofstuk in my lewe af. Hierdie keer maak ek myself glo dat ek eendag alleen sal doodgaan sonder enige iemand wat vir my omgee.
J, n vriendin van my karring toe aan my om deel te word van n singles groep……. My eerste reaksie was, ek het nie tyd vir die kak nie, min of meer soos die maplotters van langsaan in die plattelandse dorpie na die gryskopman se besoek. Na dae se geteem stem ek in om dit n kans te gee vir n maand. Sy laai my op die groep en ek dink nie veel van dit nie en toon bittermin belangstelling. Uit die bloute kry ek n WA van J af om te se sy het hierdie moerse oulike girl ontmoet daar en sy dink ons sal goed bymekaar pas. Ek soek hoog en laag na wonderwoman aangesien J soos n mamma is vir my. Eventueel vind ek haar soos n diamant in n slagveld tussen al die malletjies, verslaafdes en kloosterkoeke. Ek maak die besluit om haar te kontak en stuur vir haar n boodskap. Die boodskap terug aan my is kortaf en flippen ongeskik, wel so het ek dit gesien in elk geval. so begin ons praat duer boodskappe en vind ek meer uit oor J se wonderwoman. Stadig maar seker word die gespekke meer gemaklik en gesels ons lekker. Ek maak toe die besluit dat ons moet ontmoet, en vra of ons miskien een of ander tyd kan ontmoet vir koffie. Haar reply was, nou kom ons dit dit vandag en kry dit uit die pad uit. So ontmoet ons om die draain van haar huis en kuier ons tot laat. Om die gentleman te wees stap ek saam met haar na haar voertuig. Sy het die mmoiste smile en daai blou oe kyk deur my…… ek wonder waar die catch met die blonde bom is……. Ek besluit toe om te vra of ek haar kan koebaai soen, sy gryp my vas en soen my dat my ore tuit. Ek loop weg met n moerse horing en kak verlief. So gaan Saterdag verby met chit chat. Sondag ry sy bike en bel my later die middag om te laat weet sy is veilig by die huis. Ek is verlig, my bikerchick is veilig en ek kan rerlax. So deur dit noem sy dit dat sy my nou dadelik wil sien en dat ek haar by haar huis moet ontmoet. Ek word n pin drop gestuur en kort voorlank is ek oppad na haar huis. Met my aankoms lyk sy soos Army Barbie met haar pienk camo broek en toppie. Ons sit rustig en gesels op die trap terwyl ons n sigaret rook. Sy gryp my weer en soen my passievol. Later eindig ons in haar slaapkamer op…….dinge raak warm en ons doen die daad. Dis hemels, sy is passievol en hou van seks, nes ek. N paar dae later word ek in kennis gestel dat ek die sekstoets geslaag het en dat sy my weer wil sien, so ken ons mekaar ses weke vandag en ek is bat shit crazy oor haar, sy gee my elke keer butterflies as ek haar sien. Ek hoop regtig ek en bikerchick werk uit, sy is my stukkie hemel en ek voel veilig saam met haar. Sy is nes Stukkie van der Merwe met haar funky gekleurde hare.
My volgende pos sal wees oor ons trippie na die grooooooot dam en hoe ons aaptwak gerook het en daar n moerse convo geahd het.

Hoop nie die episode was te boring gewees nie.
Groete MTSW

Strictly come dancing

So in 35 jaar se lewe het ek myself nooit toegelaat om te leer dans nie……. Na die besoek van die gryskopman kon ek myself nooit toelaat om werklik te ontspan nie. Kyk wat het die laaste keer gebeur….

Ek het elke keer n verskoning gevind om die ekskursie te vermy. Was makliker om agter die klank sisteem weg te kruip en nogsteeds cool te wees soos al die ander kinders as om my vrees te face en te leer dans en gatswaai. Girls hou van die tipe ding maar dis nie vir my nie of sal ek sê was nie vir my nie…… So ontmoet ek toe die girl van my drome…… Maar dié een lewe vir dans!!! Nou mens kan net solank met verskonings vorendag kom voor dit crunchtime is….. En diè een is n keeper waaroor ek meer sal skryf want sy is amazing! So besluit sy toe om ons in te skryf by n dans skool sodat ek ook die kuns van gatswaai kan aanleer….

So gaan ek doodbang en bevrees saam met A na die dansskool om die affere te probeer. Ons word ontmoet deur n klein mannetjie met dreadlocks en ñ naam uit n karate movie. Ek dink by myself nee wat, die gaan n aborsie wees hy is nog kind en hoe gaan hy die 95kg boer leer ontspan en rondswaai? Na 30 minute se rondskuifel en absoluut my gat af sukkel kom die les toe na n einde toe. Ek voel skaam dat ek nie iets wat onvanselfsprekend is kan doen nie. Met meeste dinge in die lewe kon ek nog cope en dit redelik maklik snap maar die storie van n vrou rondgooi na die ritme van musiek kry die oorhand?????? Hoe het ek dit vir so lank laat gebeur??? Dit daar gelaat, teken ons toe kontrak met die skool en ons is offisieel weer studente….. Nou studente is stoutgatte en geniet die lewe. Drink en jol is heel bo op die prioriteits lys. So toe besluit ek om die lewe te geniet en dit werklik te geniet! Net toe dinge nou lekker op dreef is word ek mee gedeel dat ons n funksie het saam met die kinders en dat ek daar met A sal dans voor haar kinders wat kampioen dansers is…… No flippen pressure, ag nee wat die doen ek sommer oe toe…………NOT!!! So gaan tyd verby en die funksie kom. A sê ons moet gaan dans en eweskielik is daar n doodse benoud op my bors, so asof n olifant op my longe gekak het. Ek skuifel tussen die tafels deur en neem A aan haar hand en ons maak ons pad deur na n besige dansvloer. N bekende liedjie begin speel en ek voel hoe die swakheid van my maag na my kniee daal. Dis nou of nooit dink ek……

Kak bang dans ons die eerste dans met n bietjie gesukkel en kort voor lank is daar niks wat my keer nie. Ek jive soos John Travolta in Dirty Dancing en min dinge pla my. So kuier ons tot 03:30 en ek keer juiswaarts met seer voete, n rug wat wil breek en n gelukkige hart.

Dankie A!! Jy kry my uit my dop!!!

 

Die begin van die gryskopman

So leer ek toe dat die gryskopman van vandag eintlik ons buurman is. Hy werk vir die brandweer in ons dorpie. Na hy die nuus met my gedeel het dat my pa nooit weer sal praat of smile nie, is hy huistoe. Hy het n vrou en 5 meisiekinders, een n paar jaar ouer as ek, een n jaar ouer as ek, een dieslefde ouderdom as ek en die tweeling baie jonger as ek.

Die realiteit begin insink….. my pa is weg en dis nou net ek en die ou tannie wat vir ons self moet sorg en veg. Die harde militere man wat n perfeksionis is, gaan nooit weer kak en kerm oor my vuil skool skoene nie. Ek sal hom nooit weer kan vashou en se ek is lief vir jou pa nie. Dit maak my sommer kak bang en ek begin bloed pis soos n resies hoendertjie.

Die gryskopman kom na sewe uur by die huis, iets wat my pa nooit weer sal ervaar nie…… Hy gil en skreeu deur die huis en praat vreeslik lelik met sy vrou. Miskien het sy hom moerig gemaak? Miskien is sy n misluke ou drek wat nie wardeering het vir die moeilike werk wat die gryskopman doen nie.

Die huisdokter kom verby en gee my n inspuiting sodat ek kan slaap. Die res van die aand is n blur…. soos die dag met die Olof Berg brannewyn en rivierwater……

Dae gaan verby en toe is daar die geroep by die muur…… seuntjie, outjie, seuntjie. Dis kak irriteerend vir my want ek is besig om my bike te was, die laaste geskenk van my pa voor hy oorlede is. Hulle wil weet wat is my naam? Ek jak hulle af en sê Johan. Wat de vok het dit in elk geval met hulle te doen??? Los my uit bitches…., my hele lewe het inmekaar gestort en nou wil julle weet wat my naam is?? Gaan soek geselskap by iemand wat lus het vir dit. Ek probeer die seer verwerk en sin maak oor die kak streep deur my lewe. So sal ek leer dat die gryskopman se naam Wynand is en dat die klomp maplotters van Vanderbijl af kom. Gin wonder hulle gaan so te kere nie.

Die rede, die storie, die begin……….

So begin ek my eerste blog pos…….. Die rede vir die pos is sodat normale mense kan verstaan waar ek vandaan kom en wie ek is…….

Dis Vrydag oggend 05:45,15 November1996, ek lê wakker en dink oor my my finale ingelse vraestel vir standerd 6. Ek is n bedorwe snotkop in n plattelandse dorpie….. Min het ek geweet hoe vinnig my lewe en alles daaraan gekoppel sal verander in die volgende paar minute…….

Daar is n dowwe geluid vanuit die tv kamer. Ek hoor my ma roep…..boeta kom help met jou pa! Ek storm in die gang op en deur die kombuis om n knielende man te vind wat my hero was. My pa is n skadu van die man wat ek gisteraand nag gese het. Hy bly mompel dat hy nie asem kry nie. Ek probeer help, min wetend dat nie eers n dokter hom sou kon help op daai tydpunt nie. My verwarde moeder bel vir n ambulans, dit voel soos ure voor hulle opdaag. Ek is bang en voel magteloos. Die vrae storm deur my kop, hoekom, hoekom, hoekom?????

Drie mense in uniform vind my by my pa wat by nou al rustig geraak het, min het ek toe geweet dat hy alreeds oorlede was in my arms en teen my bene. Hulle vra my om weg te staan en elders vir hulle te wag sodat hulle die nodige behandeling kan toepas. Gedagtes hardloop deur my kop….wat nou????? Na 15 minute se gespook en spartel kom n grys man in sy middeljare na my toe en vat my saggies aan my arm en draai my weg van waar my lewenslose vader op die tv kamer mat le.

“Seun dis nie goeie nuus nie”…… hy deel my mee dat, my pa, my hero, my alles van my weggeneem is!!!! Dis so onwerklik dat ek nie eens huil nie. Die vraag bly opkom…. hoekom ek Here???? Ek sal meer uitbrei oor die gryskopman in my volgende poste

Op hierdie oomblik was dit toe dat my lewe totaal verander het. Ek het van bedorwe snotkop gegaan na man wat vir homself moet veg in 5 minute.